Sproetjies en Goedjies Naskool Sentrum sê Dankie

Aan al die Ouers en Leipie Omgee Organiseerders,

Baie Dankie!

Min het ons geweet, of verwag, dat ons self ook kan ontvang wanneer ons ons harte oopmaak vir die mense en maatjies om ons.

Dit was verseker vir almal hier in ons naskoolsentrum ‘n groot verassing om speelgoed en boeke te ontvang. Dit gee sommer nuwe energie in hartjies wat hierdie tyd van die jaar klaar moeg en afgemat is.

Die speelgoed het reeds handig te pas gekom met die wonderlike reën die afgelope tyd.

Die boeke ook het ons biblioteek met nuwe kleur, verassing en verhale ryker gemaak. Voorwaar gepas vir ‘n leessentrum!

Die week het ons herinder dat ons reg deur die jaar moet poog om ons bydrae te lewer vir naastes in nood, en ons beoog om dit vir 2013 vol te hou.

Weereens dankie,

Joan Smith
Direkteur

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>